BERKWIN SE AANLYN TUISONDERRIG FRANCHISE STELSEL
INLEIDING
Berkwin bedryf deur middel van sy landwye Aanlyn Tuisonderrig Franchise (ATF) Takke, bekostigbare hulp en ondersteuning aan Leerders en hul ouers met hul tuisonderrig. Dit word uitgevoer met behulp van die volgende beproefde tuisonderrig stelsels:
- Afrikaans met behulp van kenweb Graad 1 tot Graad 9 (www.kenweb.co.za) en daarna Afrikaans of Engels met behulp van impaq vir Grade 10, 11 en 12. (www.impaq.co.za). Die kenweb programme, hoewel gebaseer op leerplanne van voor 1994, is daarop gemik om Leerders in studieselfstandigheid op te lei. Die inhoud van die leerplanne behels ook onder andere dat die waardevolle inhoud van die Suid-Afrikaanse geskiedenis en ander leerplanne, wat deur die huidige Departement van Nasionale Opvoeding uitgefasseer is, nie verlore gaan nie.
- Afrikaans en Engels met behulp van impaq vir Graad R tot Graad 12.
Na voltooiing van die Graad 12 program, is Leerders goed voorberei vir aflegging van die eksamens van die Onafhanklike Eksamenraad.
LEERDERS
Na raadpleging van die bogenoemde studieprogrammeie, kan ouers ‘n Aansoek vir Registrasie by Berkwin van die kursus van hul keuse per e-pos: berkwin1@gmail.com by Berkwin Hoofkantoor indien. Hierdie Aansoek kan op enige tydstip ingedien word, waarna dit na ‘n Aanlyn Tuisonderrig Franchise (ATF) Tak gestuur word, wat dan met die betrokke Leerder skakel om verdere hulp te verleen vir die aankoop van die gekose Graad leerplan asook die volgende programme vir die kursus benodig: Windows, MS Office met Word en Excel, Zoom en Anydesk. Vir kommunikasie met die ATF Tak, word Whatsapp, Wifi met ‘n router aanbeveel, maar standaard kommunikasie per selfoon is ook aanvaarbaar.
Die Aansoek vir Registrasie kos R200,00 per Graad kursus. Die bank waarin die geld gedeponeer moet word en ander besonderhede sal na Registrasie voorsien word.Stuur die Aansoek per e-pos:aan berkwin1@gmail.com. Die inligting moet in een sel van ‘n Excel program as ‘n “attachment” by die e-pos ingedien word in die volgende formaat: Graad van inskrywing/Provinsie/Munisipaliteit/Voorstad of Dorp/Woongebied/Straatadres/Van voorletters, ID no, Noemnaam/e-pos adres/selfoon no/Bankbesonderhede (voorbeeld: Graad 4/Gauteng/Tshwane/Pretoria-noord/Sentraal/Jack Hindonstraat 345, 0156//Nel A B, 1108225010087, Awie/abnel@gmail.com/27824445678/FNB 623456)
Die ATF Tak se tarief per Leerder is R800,00 per maand.
DIE LEERDER AANLYN HULPVERLENING (LAHV) DIENS
Die LAHV diens word deur Berkwin se Aanlyn Tuisonderrig Franchise (ATF) Takke uitgevoer. ATF takke word deur hulself bestuur, onderworpe aan Berkwin se Franchise bepalings.
ATF Takke benodig ‘n rekenaar met die volgende programme vir die uitvoering van hul taak:: Windows, MS Office met Word en Excel, Adobe Acrobat of ‘n ander pdf progrsm, Zoom en Anydesk asook Wifi met ‘n router.
Aansoeke vir die Registrasie van Berkwin ATF Takke moet eers na die registrasie van die betrokke Tak as ‘n volwaardige “eiendoms beperk” maatskappy by Berkwin ingedien word. Affiliasie by bestaande geregistreerde maatskappye is ook toelaatbaar.
Die Aansoek vir Registrasie kos R200,00. Die bank en meer besonderhede sal na Registrasie voorsien word.
Aansoeke moet per per e-pos na :berkwin1@gmail.com gestuur word. Die volgende inligting moet in een sel van ‘n Excel program as ‘n “attachment” by die e-pos ingedien word: Provinsie/Munisipaliteit/Voorstad of Dorp/Woongebied/ Straatadres/Naam Tak/Besigheid Naam & Reg no/Van voorletters, 056055010087, Noemnaam/e-pos adres/selfoon no/Bankbesonderhede/noemnaam.(voorbeeld: Gauteng/Tshwane/Pretoria-noord/Sentraal/Jack Hindonstraat 345, 0156/Pretoria-Noord/AB Enterprises, Reg: 2015/102421/07/Nel A B, 0506055010087, Awie/abnel@gmail.com/27824445678/FNB 623456)
Die maandelikse Franchise lisensiegeld is R8000,00 met vrystelling vir die eerste 4 maande na Registrasie van die ATF tak Benewens hul eie lokale vir klas onderrig, kan ATF’s ook, byvoorbeeld vir die veiligheid van Leerders, van die fasiliteite by kleuterskole, kerke ensovorts, gebruikmaak.