BERKWIN SE SELFBESKERMING (S) EN FRANCHISE WERKSKEPPING (W) ORGANISASIE
In ‘n poging om ‘n oplossing vir die land se enorme veiligheids- en werkloosheidskrisisse te vind asook vir die onbeheersde bevolkingsaanwas, die gronddispuut en vele ander knellende vraagstukke, het Berkwin op die skep van ‘n landwye organisasie besluit, wat uit die bogenoemde twee bene bestaan.
Die S been voer oorhoofse bestuur van die organisasie uit met die volgende doelwitte:
- Om die vrywillige deelname van alle landsburgers te verkry vir hul beskerming en beveiliging tydens normale omstandighede asook in geval van massa gewelddadige bedreigings.
- Om ‘n Massa Fondsinsameling Proses, vir die S diens gelewer, te skep met vrywillige bydraes en beheer oor die doeltreffende aanwending daarvan deur die W been.
Die W been voer landswye werkskepping uit vir Suid Afrika se miljoene ongeskoolde sowel as geskoolde werklose mense van alle rasse en bevolkingsgroepe.
Die organisasie werk ten nouste saam met die SAPD, veiligheidsmagte en ander sekuriteitsentiteite.
DIE SELFBESKERMING (S) BEEN VAN DIE ORGANISASIE
Weens die landwye skaal van die besigheid, word die bestuur daarvan in geheel gedeligeer na die Bestuurders van die S been op alle vlakke van die hiërargie.
Berkwin rig hiermee ‘n uitnodiging aan belangstellendes om aansoek te doen slegs vir aanstelling in die pos van Hoof Besturende Direkteur: Selfbeskerming in enige een van die 9 Provinsies en daarmee saam ook vir die stigting van die betrokke Provinsiale Hoofkantoor. Die aanstellings vir die daaropvolgende poste in die Provinsiale Hoofkantoore asook vir die ander ondergeskikte Kantore in die onderskeie Provinsies, word daarna na die opvolgende S Bestuurders gedeligeer.
Aansoekers moet in besit wees van ‘n rekenaar met Windows se MS Word en Excel programme.
Ten einde kontantvloei doeltreffend te bestuur, word daar op bekostigbare onderhandelde vergoeding ooreengekom. Dien die aansoeke in per e-pos aan: berkwin1@gmail.com met die nodige kontak besonderhede.